'n Analitiese ondersoek van sewe van Sergei Rachmaninof se Preludes, opp. 23 en 32

Master Thesis

2002

Permanent link to this Item
Authors
Supervisors
Journal Title
Link to Journal
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Publisher

University of Cape Town

License
Series
Abstract
Ten spyte van toenemende belangstelling in die solo-klavierwerke van Sergei Rachmaninof, is daar nog steeds beperkte studies vir die bestudering daarvan beskikbaar. Die doel van hierdie studie is die ontleding van 'n aantal aspekte wat 'n invloed op die bestudering en uitvoering van sewe van Rachmaninof se Preludes,.Opp. 23 en 32, het. In die studie word die historiese gebeure rondom sy lewe bespreek, wat dien as agtergrond tot die komposissie van Rachmaninof se Preludes. Die bespreking oor die klawerbordprelude verwys na die onstaan van klawerbordpreludes, die preludes uit Das Wohltemperierte Clavier van J. S. Bach, en volg dan die ontwikkeling van diengenre met die Preludes van Chopin en Rachmaninof. Sodoende word Rachmaninof se Preludes binne perspektief tot die ontwikkeling van die genre geplaas. In die laaste hoofstuk word 'n styl-tegniese ontleding van die sewe preludes van Rachmaninof gedoen, met verwysing na musikale inhoud en uitvoeringsprobleme. Ten slotte word gevolgtrekkings ten opsigte van die bespreekte werk gemaak.
Description

Bibliography: leaves 68-70.

Keywords

Reference:

Collections