'n Ondersoek na die ontwikkeling van die musikale potensiaal van die kind met beweging as belangrike element
Thesis / Dissertation
1994
Permanent link to this Item
Authors
Supervisors
Journal Title
Link to Journal
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Publisher
Department
Faculty
License
Series
Abstract
Die navorsing vir hierdie skripsie is die resultaat van 'n beset dat studente aan Onderwyserskolleges voorsien moet word van idees om pre-primere en laer skoolleerlinge in klasmusiek te onderrig. Hierdie studie het horn ten doel gestel om die probleem by te le deur die kind se natuurlike bewegingsvermoens aan te wend, en horn te motiveer om van sy fantasiee en skeppende vermoens gebruik te maak om uiting te gee aan sy gevoelens. Vir hierdie doel is navorsing gedoen met betrekking tot die kind se ontvanklikheid van musikale stimuli gedurende sy ontwikkelingstadia, om sodoende die bes moontlike onderrig te verseker. 'n Studie is onderneem om die geskiedkundige agtergrond van beweging en dans te bepaal, en om metodes van beweging wat in 'n klasmusieksituasie toegepas kan word, in oenskou te neem. Aangesien die integrasie van vakgebiede tans baie aandag geniet deur opvoedkundiges, is daar besluit om die ooreenkomste tussen musiek en taal uit te lig. Deur middel van hierdie integrasie van musiek in die gewone skoolsillabus, verkry musiek ook verhoogde status.
Description
Keywords
Reference:
Kruger, J.J. 1994. 'n Ondersoek na die ontwikkeling van die musikale potensiaal van die kind met beweging as belangrike element. . ,Faculty of Humanities ,College of Music. http://hdl.handle.net/11427/40085