Die rol van die outeur in moderne literêre teorie, met spesifieke verwysing na die ek-poësie van Breyten Breytenbach en D.J. Opperman
| dc.contributor.advisor | Snyman, Henning | en_ZA |
| dc.contributor.author | Fagan, Eduard Wille | en_ZA |
| dc.date.accessioned | 2016-11-10T06:46:01Z | |
| dc.date.available | 2016-11-10T06:46:01Z | |
| dc.date.issued | 1988 | en_ZA |
| dc.description | Bibliography: pages 336-357. | en_ZA |
| dc.description.abstract | Die skripsie ondersoek die rol van die auteur in moderne literêre teorieë, en bevat hoofstukke oor Russiese formalisme, Praagse strukturalisme, Ferdinand de Saussure, Claude Lévi-Strauss, Roland Barthes, semiotiek en dekonstruksie. Hierdie teorieë en teoretici word verbind deur 'n ontkenning van die auteur. Barthes vorm die spil van die ontwikkelingslyn in soverre hy "die dood van die auteur" verkondig en die moontlikheid skep vir 'n hedonistiese benadering tot letterkunde; so 'n benadering is inderdaad die logiese eindpunt van die geleidelike ontwikkeling weg van die auteur en na die leser. 'n Onderskeid kan daarbenewens getref word tussen "behoudende" en "radikale" benaderings, met eersgenoemde wat gestalte vind in semiotiek en laasgenoemde in dekonstruksie; die onderskeid is weer eens gebaseer op die rol wat aan die auteur toevertrou word. Die sogenaamde "afgrond" veroorsaak deur 'n hedonistiese benadering kom uiteindelik waardeloos voor, en daar is gevolglik by sowel die latere Barthes as by dekonstruksie pogings om die beweging te bekamp deur opnuut erkenning aan die auteur te gee. Om erkenning aan die auteur te gee impliseer nie 'n terugkeer na 'n naïewe biografiese benadering waar die auteur as aanvanklike uitgangspunt figureer nie. Dit beteken wel 'n bereidwilligheid om letterkunde as 'n kommunikatiewe stelsel - na aanleiding van Roman Jakobson se skema - te sien, wat lei nie tot 'n beperking op die spel-element in literêre teorie en kritiek nie, maar inderdaad tot 'n verbreding daarvan deur nie die teks te sluit met betrekking tot die oorsprong daarvan nie. Die rol van die auteur word tekstueel ondersoek na aanleiding van die ek-poësie van Breytenbach en Opperman se Komas uit 'n bamboesstok. Breytenbach-kritici fouteer deur òf vir hom van "ekkerigheid" te beskuldig òf die outobiografiese verwysings te probeer verdoesel. In stede daarvan behoort Breytenbach se oeuvre gelees te word juis in terme van die ek; kritici wat vir Breytenbach as middelpunt ontken beperk sy poësie deur dit op 'n tradisionele manier te wil benader. Komas word betrek ten einde 'n moontlike beskouing van Breytenbach as 'n eenloper teë te werk. Wanneer twee van die vooraanstaande Afrikaanse digters so sterk outobiografies skryf, is dit nie meer moontlik om die rol van die auteur te ontken in moderne literêre kritiek of teorie nie. | en_ZA |
| dc.identifier.apacitation | Fagan, E. W. (1988). <i>Die rol van die outeur in moderne literêre teorie, met spesifieke verwysing na die ek-poësie van Breyten Breytenbach en D.J. Opperman</i>. (Thesis). University of Cape Town ,Faculty of Humanities ,Afrikaans and Netherlandic Studies. Retrieved from http://hdl.handle.net/11427/22462 | en_ZA |
| dc.identifier.chicagocitation | Fagan, Eduard Wille. <i>"Die rol van die outeur in moderne literêre teorie, met spesifieke verwysing na die ek-poësie van Breyten Breytenbach en D.J. Opperman."</i> Thesis., University of Cape Town ,Faculty of Humanities ,Afrikaans and Netherlandic Studies, 1988. http://hdl.handle.net/11427/22462 | en_ZA |
| dc.identifier.citation | Fagan, E. 1988. Die rol van die outeur in moderne literêre teorie, met spesifieke verwysing na die ek-poësie van Breyten Breytenbach en D.J. Opperman. University of Cape Town. | en_ZA |
| dc.identifier.ris | TY - Thesis / Dissertation AU - Fagan, Eduard Wille AB - Die skripsie ondersoek die rol van die auteur in moderne literêre teorieë, en bevat hoofstukke oor Russiese formalisme, Praagse strukturalisme, Ferdinand de Saussure, Claude Lévi-Strauss, Roland Barthes, semiotiek en dekonstruksie. Hierdie teorieë en teoretici word verbind deur 'n ontkenning van die auteur. Barthes vorm die spil van die ontwikkelingslyn in soverre hy "die dood van die auteur" verkondig en die moontlikheid skep vir 'n hedonistiese benadering tot letterkunde; so 'n benadering is inderdaad die logiese eindpunt van die geleidelike ontwikkeling weg van die auteur en na die leser. 'n Onderskeid kan daarbenewens getref word tussen "behoudende" en "radikale" benaderings, met eersgenoemde wat gestalte vind in semiotiek en laasgenoemde in dekonstruksie; die onderskeid is weer eens gebaseer op die rol wat aan die auteur toevertrou word. Die sogenaamde "afgrond" veroorsaak deur 'n hedonistiese benadering kom uiteindelik waardeloos voor, en daar is gevolglik by sowel die latere Barthes as by dekonstruksie pogings om die beweging te bekamp deur opnuut erkenning aan die auteur te gee. Om erkenning aan die auteur te gee impliseer nie 'n terugkeer na 'n naïewe biografiese benadering waar die auteur as aanvanklike uitgangspunt figureer nie. Dit beteken wel 'n bereidwilligheid om letterkunde as 'n kommunikatiewe stelsel - na aanleiding van Roman Jakobson se skema - te sien, wat lei nie tot 'n beperking op die spel-element in literêre teorie en kritiek nie, maar inderdaad tot 'n verbreding daarvan deur nie die teks te sluit met betrekking tot die oorsprong daarvan nie. Die rol van die auteur word tekstueel ondersoek na aanleiding van die ek-poësie van Breytenbach en Opperman se Komas uit 'n bamboesstok. Breytenbach-kritici fouteer deur òf vir hom van "ekkerigheid" te beskuldig òf die outobiografiese verwysings te probeer verdoesel. In stede daarvan behoort Breytenbach se oeuvre gelees te word juis in terme van die ek; kritici wat vir Breytenbach as middelpunt ontken beperk sy poësie deur dit op 'n tradisionele manier te wil benader. Komas word betrek ten einde 'n moontlike beskouing van Breytenbach as 'n eenloper teë te werk. Wanneer twee van die vooraanstaande Afrikaanse digters so sterk outobiografies skryf, is dit nie meer moontlik om die rol van die auteur te ontken in moderne literêre kritiek of teorie nie. DA - 1988 DB - OpenUCT DP - University of Cape Town LK - https://open.uct.ac.za PB - University of Cape Town PY - 1988 T1 - Die rol van die outeur in moderne literêre teorie, met spesifieke verwysing na die ek-poësie van Breyten Breytenbach en D.J. Opperman TI - Die rol van die outeur in moderne literêre teorie, met spesifieke verwysing na die ek-poësie van Breyten Breytenbach en D.J. Opperman UR - http://hdl.handle.net/11427/22462 ER - | en_ZA |
| dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/11427/22462 | |
| dc.identifier.vancouvercitation | Fagan EW. Die rol van die outeur in moderne literêre teorie, met spesifieke verwysing na die ek-poësie van Breyten Breytenbach en D.J. Opperman. [Thesis]. University of Cape Town ,Faculty of Humanities ,Afrikaans and Netherlandic Studies, 1988 [cited yyyy month dd]. Available from: http://hdl.handle.net/11427/22462 | en_ZA |
| dc.language.iso | afr | en_ZA |
| dc.publisher.department | Afrikaans and Netherlandic Studies | en_ZA |
| dc.publisher.faculty | Faculty of Humanities | en_ZA |
| dc.publisher.institution | University of Cape Town | |
| dc.subject.other | Afrikaans Language and Literature | en_ZA |
| dc.title | Die rol van die outeur in moderne literêre teorie, met spesifieke verwysing na die ek-poësie van Breyten Breytenbach en D.J. Opperman | en_ZA |
| dc.type | Doctoral Thesis | |
| dc.type.qualificationlevel | Doctoral | |
| dc.type.qualificationname | PhD | en_ZA |
| uct.type.filetype | Text | |
| uct.type.filetype | Image | |
| uct.type.publication | Research | en_ZA |
| uct.type.resource | Thesis | en_ZA |
Files
Original bundle
1 - 1 of 1
Loading...
- Name:
- thesis_hum_1988_fagan_eduard_wille.pdf
- Size:
- 3.4 MB
- Format:
- Adobe Portable Document Format
- Description: