• English
  • Čeština
  • Deutsch
  • Español
  • Français
  • Gàidhlig
  • Latviešu
  • Magyar
  • Nederlands
  • Português
  • Português do Brasil
  • Suomi
  • Svenska
  • Türkçe
  • Қазақ
  • বাংলা
  • हिंदी
  • Ελληνικά
  • Log In
  • Communities & Collections
  • Browse OpenUCT
  • English
  • Čeština
  • Deutsch
  • Español
  • Français
  • Gàidhlig
  • Latviešu
  • Magyar
  • Nederlands
  • Português
  • Português do Brasil
  • Suomi
  • Svenska
  • Türkçe
  • Қазақ
  • বাংলা
  • हिंदी
  • Ελληνικά
  • Log In
  1. Home
  2. Browse by Subject

Browsing by Subject "Kompoun"

Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
  • No Thumbnail Available
    Item
    Open Access
    Die plaas as 'n plek van traumatiese herinnering in Valsrivier (2013) en Kompoun (2021)
    (2025) Troskie, Elodi; Burger, Barbara
    In hierdie studie ondersoek ek die verhouding tussen plek en traumatiese herinnering in die Afrikaanse letterkunde deur te steun op Michelle Balaev (2008) se argument dat plek sentraal is tot literêre uitbeeldings van trauma, beide as die plek van ervaring en as 'n bydraer tot die organisasie van herinnering en betekenis. Deur 'n raamwerk te gebruik wat plek- en ruimtestudies met kulturele trauma- en herinneringstudies byeenbring, ondersoek ek die plaas as 'n plek van traumatiese herinnering in Dominique Botha se Valsrivier (2013) en Ronelda S. Kamfer se Kompoun (2021). Ek argumenteer dat narratiewe van persoonlike trauma wat gesitueer is binne 'n kollektiewe historiese trauma wat deur Suid-Afrika se geskiedenis van kolonisasie en apartheid veroorsaak is, insig bied tot die land se komplekse sosiopolitieke landskap. Hoewel navorsing oor plek en ruimte, sowel as trauma en herinnering in die Afrikaanse letterkunde bestaan, is dit tot dusver selde vergelykend bestudeer, en geen studie het nog Botha en Kamfer se werke in hierdie terme ondersoek nie. Hierdie tesis dra by tot die Afrikaanse letterkunde, kulturele trauma- en herinneringstudies en plek- en ruimtestudies deur 'n raamwerk voor te stel wat hierdie twee velde vervleg vir die bestudering van Afrikaanse literêre tekste. Ek gebruik 'n vergelykende stipleesmetode om te ondersoek hoe die plaas as 'n plek van persoonlike, familie- en historiese trauma vir die vertellers dien: Dominique in Valsrivier en Nadia en Xavie in Kompoun. Ek ondersoek hul ruimtelike posisionering in verhouding tot die plaas, hoe die plaas verskillende betekenisse vir die onderskeie vertellers inhou en hoe persoonlike en historiese trauma in ruimtelike terme uitgedruk word. Verder identifiseer ek verskille en ooreenkomste in die uitbeelding van die plaasruimte relatief tot die normatiewe Afrikaanse plaasromangenre en ek analiseer die narratiewe tegnieke wat gebruik word om die impak van trauma oor te dra.
UCT Libraries logo

Contact us

Jill Claassen

Manager: Scholarly Communication & Publishing

Email: openuct@uct.ac.za

+27 (0)21 650 1263

  • Open Access @ UCT

    • OpenUCT LibGuide
    • Open Access Policy
    • Open Scholarship at UCT
    • OpenUCT FAQs
  • UCT Publishing Platforms

    • UCT Open Access Journals
    • UCT Open Access Monographs
    • UCT Press Open Access Books
    • Zivahub - Open Data UCT
  • Site Usage

    • Cookie settings
    • Privacy policy
    • End User Agreement
    • Send Feedback

DSpace software copyright © 2002-2026 LYRASIS