Browsing by Author "Coetzee, Carli"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
- ItemOpen Access'n Ondersoek na die aard van poësie, met verwysing na kinderpoësie en die "eenvoudige" poësie van N.P. van Wyk Louw en D.J. Opperman(1988) Coetzee, Carli; Snyman, Henning; Snyman, LydiaDit is lank reeds 'n aanvaarde feit dat poësie nie 'n spontane uiting van emosie deur middel van ritmiese taal is nie; die aard van poësie skakel juis spontane!teit uit. Die tradisionele definisie van poësie, naamlik die beskouing daarvan as nie-mimetiese genre teenoor prosa wat mimeties is, is onvoldoende. In stede hiervan kan poësie as genre beskou word in die konteks van die reoriëntasie wat plaasgevind het in literatuur- en taalstudie. Die moderne literere teorieë het as doel die omskrywing van literatuur as stelsel, en die konvensies onderliggend daaraan wat betekening moontlik maak. Ook in moderne literatuur word die klem geplaas op die taal- en literatuursisteem, en op die skeppende teenwoordigheid in die teks. Binne hierdie beskouing van literatuur verval die opposisie tussen poësie en prosa tot 'n groot mate. Modernistiese literatuur is 'n selfbewuste gebruik van taal, geskep deur 'n auteur wat kennis het van die onderliggende konvensies. Hierdie definisie van poësie word getoets aan die hand van kinderpoësie, aangesien die tradisionele beskouing van poësie 'n geskiktheid vir kinders impliseer. Die kind se ontwikkeling word kortliks bespreek en daar word aangedui dat die .kind se denkprosesse en belewing van die wereld poësie onbegrypbaar maak. Die kind se ontwikkeling word bespreek met verwysing na Jean Piaget se genetiese epistemologie en Heinz Remplein se samevattende beskouing. Die kind beskik nie oor die kennis in verband met die konvensionele aard van literatuur en taal wat benodig word om poësie te begryp nie; nog is kinders in staat om dit aan te leer. Die aard van die konvensies is abstrak, terwyl die kind konkreetheid vereis ten opsigte van die taalgebruik en die inhoud van literatuur. Ten slotte word verwys na volkspoësie, wat dikwels as primitief en ongevormd beskou word. Die "Klipwerk"-siklus van N P van Wyk Louw en Komas uit 'n Bamboesstok van D J Opperman word bespreek. Daar word aangetoon dat die vermoë om nostalgies te skryf oor die primitiewe 'n hoë mate van selfbewustheid en taalbewustheid vereis. Die auteur in hierdie verse is selfreflekterend en skep 'n werk wat die konvensies van literatuur uitwys, en terselfdertyd bevraagteken. Poësie is dus in wese 'n konvensionele gebruik van taal, waarvan die selfreflekterende aard spontane!teit en eenvoud ontken.
- ItemOpen AccessThings come together : rereading male representations of motherhood(1999) Mawoyo, Monica; Coetzee, CarliThis thesis presents a challenge to the approach that has been used to read representations of motherhood by male writers. The way of reading that has been used has led to accusations by female critics that the representations are jaundiced, a feeling that pervades the special issue of African Literature Today that focuses only on women's work. The introduction to the thesis outlines arguments that have been presented about the need to write from a point of view of experience, an approach that is meant to exclude male writers from writing about motherhood. The approach is also an attempt to prescribe to male writers how they should write about issues concerning women. It will be argued that the authority of experience argument as well as the accusation that male writers are insensitive in representations of women ends up limiting the way people read. The reading will be restricted to a realist reading that does not encourage an extrapolation of the deeper political meaning that may emerge out of male representations of motherhood. The thesis will stress that my reading of male writers' representations has drawn out diverse and complex meanings. To show the diverse ways in which males have used motherhood to produce some political undercurrent, five texts, ranging from precolonial to postcolonial Africa will be used. The analyses attempt to show using these texts by different male writers, that individual texts always exceed the limitations that can be caused by unimaginative reading.