Die Nuwer Testament

Master Thesis

2017

Permanent link to this Item
Authors
Journal Title
Link to Journal
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Publisher

University of Cape Town

License
Series
Abstract
Hierdie roman, Die Nuwer Testament, volg die doen en late van Fabian, 'n sekuriteitswag by 'n casino aan die Oos-Rand, in sy strewe om iemand van belang te wees. Teen die agtergrond van 'n dorp wat al vir 'n geruime tyd in verval is weens die opskorting van mynaktiwiteite, konstrueer Fabian fabelagtige gebeure en karakters om sy bestaan te verglans. 'n Ondier maak sy opwagting in Fabian se tuin en vorm die spilpunt waarom die daaropvolgende gebeure draai. Mossie, 'n tronkvoël wat pas vrygelaat is, word Fabian se handlanger en saam werk hulle onverpoos om vir die dier 'n hok te bou, hom te voed en vir hom te sorg. Ander karakters wat deel vorm van die intriges sluit in: Merinda, Fabian se vrou, 'n wynsuiper wat 'n pandjieswinkel in die dorp bedryf; Konstand, 'n geheimsinnige besigheidsman wat die dier leer dans en Aviva, Fabian se baas, wat hom 'n verhoging aanbied om mense (die uiteindelike voedingsbron vir die dier) wat selfmoord pleeg op die casinogronde te laat 'verdwyn'. Fabian se aanvanklike medemenslikheid en eerlikheid word deurentyd getoets weens sy behoefte daaraan om suksesvol, eksentriek en belangrik te wees. Tematies ondersoek hierdie roman die vernietigende kringloop van gierigheid. Die ondier in Fabian se tuin verteenwoordig die demoon wat skuil agter kits-selfverryking (o.a. dobbelary). Die lyke van mense wat selfmoord pleeg en later vir die ondier gevoer word, dui op die gemeenskap se verantwoordbaarheid wanneer die samelewing moreel verval omdat finansiële welstand verheerlik word as dié sosiale utopie. Die tematiek strek egter wyer as 'n studie oor moraliteit. Fabian en Mossie se soeke na individualiteit, betekenisvolle verhoudings en 'n behoefte aan eenvoudige en gesonde ouerskap, dryf hulle tot die uiterste van hul intellektuele en kreatiewe vermoë – met waansin as eindresultaat. Die titel van hierdie roman, Die Nuwer Testament, sinspeel op die feit dat die oorhoofse tema van die Nuwe Testament (liefde) ontoepaslik en verouderd is in die fiktiewe dorp waarin die verhaal afspeel. 'n Nuwe messias word in Fabian se tuin gebore en 'n nuwe messias beteken 'n nuwe boodskap – loodreg in teenstelling met die 'uitgediende' weergawe.
Description

Reference:

Collections