Die Burger en die Kleurling-stem, 1948-1961

 

Show simple item record

dc.contributor.advisor Welsh, David en_ZA
dc.contributor.author Mittner, M J en_ZA
dc.date.accessioned 2015-11-30T08:25:39Z
dc.date.available 2015-11-30T08:25:39Z
dc.date.issued 1986 en_ZA
dc.identifier.citation Mittner, M. 1986. Die Burger en die Kleurling-stem, 1948-1961. University of Cape Town. en_ZA
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/11427/15441
dc.description Bibliography: leaves 319-329. en_ZA
dc.description.abstract Heelwat is al geskryf oor die kenmerke en gevolge van die Nasionale regering se apartheidsbeleid wat sedert 1948 sy beslag in Suid-Afrika gekry het, veral m.b.t. hoe dit Swartmense raak en steeds raak. In die laaste jare het ook meer publikasies verskyn oor hoe die beleid twee minderheidsgroepe in Suid-Afrika, die Kleurlinge en die Indiers, raak. Min aandag is egter al gegee aan die dryfvere of beweegredes agter die toepassing van die beleid van apartheid en die argumente wat gevoer is om besluitnemers te beinvloed in die besluite wat hulle geneem het. Die Burger het deur die jare 'n reputasie ontwikkel as die Afrikaanse koerant wat eerstens die meeste lewenskragtigheid toon en tweedens 'n vorm van deurdagte kommentaar oor politieke gebeure lewer wat dikwels dieselfde is as die wat in regerings-kringe gehuldig word. In 'n tyd wat min publikasies of instansies apartheid sou verdedig, het Die Burger hand aan hand met die Nasionale regering voortgegaan om dit te doen, maar terselfdertyd kriewelrigheid oor sekere aspekte van die beleid in meerdere of mindere mate openbaar. Desondanks sy verdediging van apartheid, het die koerant in die vyftiger- en sestigerjare die reputasie ontwikkel as 'n meer gematigde of 'verligte' ondersteuner van die Nasionale regering en ook daarin geslaag om wereldwyd hoog aangeskrewe te word in joernalistieke kringe. Die verwydering van die Kleurlingkiesers van die gemeenskaplike lys in die vyftigerjare word algemeen beoordeel as 'n negatiewe daad wat die Nasionale saak skade aangedoen het - 'n mening wat ook al in hoe Nasionale kringe geopper is. Om 'n goeie insig in die problematiek van die tyd te kry, is dit belangrik om ook die menings te bepaal van die koerant wat waarskynlik 'n reuse-rol gespeel het om die besluitnemers te beinvloed in die besluite wat hulle oor die Kleurlingstem en die konstitusionele stryd van die vyftigerjare geneem het. Die dryfvere of logika (indien enige) agter die Nasionale optrede kan 'n groot rol speel vir 'n beter verstandhouding van die era. Apartheid word vandag feitlik universieel veroordeel weens 'n verskeidenheid van redes wat reeds goed gedokumenteer is. Min aandag is egter al gegee aan wat mense beweeg het om die beleid toe te pas en dit steeds op 'n afgewaterde wyse toe te pas. Die kommentaar en optrede van Die Burger gee 'n goeie insig in wat die dryfvere was agter die verwydering van die Kleurlingkiesers van die gemeenskaplike lys. Dit blyk bv. dat die optrede nie net gemotiveer is deur naakte rassisme nie, maar dat faktore soos Nasionalisme en 'n bedreigings-persepsie 'n ewe groot rol gespeel het. Met hierdie werkstuk is dan hoofsaaklik gepoog om 'n lyn te probeer trek en die logika (indien enige) te probeer vasstel tussen Die Burger se propagering van die verwydering van die Kleurlinge van die gemeenskaplike lys in 1956 (In effek 'n vermindering van regte) tot die beroep vier jaar later op die Nasionale regering vir die oorweging van 'n beleld van reg-streekse verteenwoordiging van Kleurlinge deur Kleurlinge in die Parlement (In effek 'n vergroting van politieke regte). Dit is gedoen teen die agtergrond van N.P. Van Wyk Louw se denke, wat veral die destydse redakteur van Die Burger, mmr. P.J. Cillie, grootliks beinvloed het, dat kritiek deur lede van 'n klein en bedreigde volk op optrede van die leiers van die klein volk vanuit die lojale binnekring gedoen moet word. en_ZA
dc.language.iso eng en_ZA
dc.subject.other Politics - South Africa en_ZA
dc.title Die Burger en die Kleurling-stem, 1948-1961 en_ZA
dc.type Master Thesis
uct.type.publication Research en_ZA
uct.type.resource Thesis en_ZA
dc.publisher.institution University of Cape Town
dc.publisher.faculty Faculty of Humanities en_ZA
dc.publisher.department Department of Political Studies en_ZA
dc.type.qualificationlevel Masters
dc.type.qualificationname MA en_ZA
uct.type.filetype Text
uct.type.filetype Image
dc.identifier.apacitation Mittner, M. J. (1986). <i>Die Burger en die Kleurling-stem, 1948-1961</i>. (Thesis). University of Cape Town ,Faculty of Humanities ,Department of Political Studies. Retrieved from http://hdl.handle.net/11427/15441 en_ZA
dc.identifier.chicagocitation Mittner, M J. <i>"Die Burger en die Kleurling-stem, 1948-1961."</i> Thesis., University of Cape Town ,Faculty of Humanities ,Department of Political Studies, 1986. http://hdl.handle.net/11427/15441 en_ZA
dc.identifier.vancouvercitation Mittner MJ. Die Burger en die Kleurling-stem, 1948-1961. [Thesis]. University of Cape Town ,Faculty of Humanities ,Department of Political Studies, 1986 [cited yyyy month dd]. Available from: http://hdl.handle.net/11427/15441 en_ZA
dc.identifier.ris TY - Thesis / Dissertation AU - Mittner, M J AB - Heelwat is al geskryf oor die kenmerke en gevolge van die Nasionale regering se apartheidsbeleid wat sedert 1948 sy beslag in Suid-Afrika gekry het, veral m.b.t. hoe dit Swartmense raak en steeds raak. In die laaste jare het ook meer publikasies verskyn oor hoe die beleid twee minderheidsgroepe in Suid-Afrika, die Kleurlinge en die Indiers, raak. Min aandag is egter al gegee aan die dryfvere of beweegredes agter die toepassing van die beleid van apartheid en die argumente wat gevoer is om besluitnemers te beinvloed in die besluite wat hulle geneem het. Die Burger het deur die jare 'n reputasie ontwikkel as die Afrikaanse koerant wat eerstens die meeste lewenskragtigheid toon en tweedens 'n vorm van deurdagte kommentaar oor politieke gebeure lewer wat dikwels dieselfde is as die wat in regerings-kringe gehuldig word. In 'n tyd wat min publikasies of instansies apartheid sou verdedig, het Die Burger hand aan hand met die Nasionale regering voortgegaan om dit te doen, maar terselfdertyd kriewelrigheid oor sekere aspekte van die beleid in meerdere of mindere mate openbaar. Desondanks sy verdediging van apartheid, het die koerant in die vyftiger- en sestigerjare die reputasie ontwikkel as 'n meer gematigde of 'verligte' ondersteuner van die Nasionale regering en ook daarin geslaag om wereldwyd hoog aangeskrewe te word in joernalistieke kringe. Die verwydering van die Kleurlingkiesers van die gemeenskaplike lys in die vyftigerjare word algemeen beoordeel as 'n negatiewe daad wat die Nasionale saak skade aangedoen het - 'n mening wat ook al in hoe Nasionale kringe geopper is. Om 'n goeie insig in die problematiek van die tyd te kry, is dit belangrik om ook die menings te bepaal van die koerant wat waarskynlik 'n reuse-rol gespeel het om die besluitnemers te beinvloed in die besluite wat hulle oor die Kleurlingstem en die konstitusionele stryd van die vyftigerjare geneem het. Die dryfvere of logika (indien enige) agter die Nasionale optrede kan 'n groot rol speel vir 'n beter verstandhouding van die era. Apartheid word vandag feitlik universieel veroordeel weens 'n verskeidenheid van redes wat reeds goed gedokumenteer is. Min aandag is egter al gegee aan wat mense beweeg het om die beleid toe te pas en dit steeds op 'n afgewaterde wyse toe te pas. Die kommentaar en optrede van Die Burger gee 'n goeie insig in wat die dryfvere was agter die verwydering van die Kleurlingkiesers van die gemeenskaplike lys. Dit blyk bv. dat die optrede nie net gemotiveer is deur naakte rassisme nie, maar dat faktore soos Nasionalisme en 'n bedreigings-persepsie 'n ewe groot rol gespeel het. Met hierdie werkstuk is dan hoofsaaklik gepoog om 'n lyn te probeer trek en die logika (indien enige) te probeer vasstel tussen Die Burger se propagering van die verwydering van die Kleurlinge van die gemeenskaplike lys in 1956 (In effek 'n vermindering van regte) tot die beroep vier jaar later op die Nasionale regering vir die oorweging van 'n beleld van reg-streekse verteenwoordiging van Kleurlinge deur Kleurlinge in die Parlement (In effek 'n vergroting van politieke regte). Dit is gedoen teen die agtergrond van N.P. Van Wyk Louw se denke, wat veral die destydse redakteur van Die Burger, mmr. P.J. Cillie, grootliks beinvloed het, dat kritiek deur lede van 'n klein en bedreigde volk op optrede van die leiers van die klein volk vanuit die lojale binnekring gedoen moet word. DA - 1986 DB - OpenUCT DP - University of Cape Town LK - https://open.uct.ac.za PB - University of Cape Town PY - 1986 T1 - Die Burger en die Kleurling-stem, 1948-1961 TI - Die Burger en die Kleurling-stem, 1948-1961 UR - http://hdl.handle.net/11427/15441 ER - en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record