'n Ondersoek na die aard van poësie, met verwysing na kinderpoësie en die "eenvoudige" poësie van N.P. van Wyk Louw en D.J. Opperman

 

Show simple item record

dc.contributor.advisor Snyman, Henning en_ZA
dc.contributor.advisor Snyman, Lydia en_ZA
dc.contributor.author Coetzee, Carli en_ZA
dc.date.accessioned 2016-09-25T16:20:13Z
dc.date.available 2016-09-25T16:20:13Z
dc.date.issued 1988 en_ZA
dc.identifier.citation Coetzee, C. 1988. 'n Ondersoek na die aard van poësie, met verwysing na kinderpoësie en die "eenvoudige" poësie van N.P. van Wyk Louw en D.J. Opperman. University of Cape Town. en_ZA
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/11427/21875
dc.description Bibliography: pages 142-149. en_ZA
dc.description.abstract Dit is lank reeds 'n aanvaarde feit dat poësie nie 'n spontane uiting van emosie deur middel van ritmiese taal is nie; die aard van poësie skakel juis spontane!teit uit. Die tradisionele definisie van poësie, naamlik die beskouing daarvan as nie-mimetiese genre teenoor prosa wat mimeties is, is onvoldoende. In stede hiervan kan poësie as genre beskou word in die konteks van die reoriëntasie wat plaasgevind het in literatuur- en taalstudie. Die moderne literere teorieë het as doel die omskrywing van literatuur as stelsel, en die konvensies onderliggend daaraan wat betekening moontlik maak. Ook in moderne literatuur word die klem geplaas op die taal- en literatuursisteem, en op die skeppende teenwoordigheid in die teks. Binne hierdie beskouing van literatuur verval die opposisie tussen poësie en prosa tot 'n groot mate. Modernistiese literatuur is 'n selfbewuste gebruik van taal, geskep deur 'n auteur wat kennis het van die onderliggende konvensies. Hierdie definisie van poësie word getoets aan die hand van kinderpoësie, aangesien die tradisionele beskouing van poësie 'n geskiktheid vir kinders impliseer. Die kind se ontwikkeling word kortliks bespreek en daar word aangedui dat die .kind se denkprosesse en belewing van die wereld poësie onbegrypbaar maak. Die kind se ontwikkeling word bespreek met verwysing na Jean Piaget se genetiese epistemologie en Heinz Remplein se samevattende beskouing. Die kind beskik nie oor die kennis in verband met die konvensionele aard van literatuur en taal wat benodig word om poësie te begryp nie; nog is kinders in staat om dit aan te leer. Die aard van die konvensies is abstrak, terwyl die kind konkreetheid vereis ten opsigte van die taalgebruik en die inhoud van literatuur. Ten slotte word verwys na volkspoësie, wat dikwels as primitief en ongevormd beskou word. Die "Klipwerk"-siklus van N P van Wyk Louw en Komas uit 'n Bamboesstok van D J Opperman word bespreek. Daar word aangetoon dat die vermoë om nostalgies te skryf oor die primitiewe 'n hoë mate van selfbewustheid en taalbewustheid vereis. Die auteur in hierdie verse is selfreflekterend en skep 'n werk wat die konvensies van literatuur uitwys, en terselfdertyd bevraagteken. Poësie is dus in wese 'n konvensionele gebruik van taal, waarvan die selfreflekterende aard spontane!teit en eenvoud ontken. en_ZA
dc.language.iso afr en_ZA
dc.subject.other Afrikaans Language and Literature en_ZA
dc.title 'n Ondersoek na die aard van poësie, met verwysing na kinderpoësie en die "eenvoudige" poësie van N.P. van Wyk Louw en D.J. Opperman en_ZA
dc.type Thesis / Dissertation en_ZA
uct.type.publication Research en_ZA
uct.type.resource Thesis en_ZA
dc.publisher.institution University of Cape Town
dc.publisher.faculty Faculty of Humanities en_ZA
dc.publisher.department Afrikaans and Netherlandic Studies en_ZA
dc.type.qualificationlevel Masters en_ZA
dc.type.qualificationname MA en_ZA
uct.type.filetype Text
uct.type.filetype Image


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record