Laingsburg Bestuursopname, Rondtes 1 en 2: Produksie en Winsgewendheid

Working Paper

2015-08

Permanent link to this Item
Authors
Journal Title
Link to Journal
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Publisher

University of Cape Town

Series
Abstract
Ons beskik oor redelik betroubare bestuursinligting vir 48 produsente wat saam op ongeveer 50% van die landbougrond in Laingsburg se distrik boer. Die groep se gemiddelde speenpersentasie was net ‘n raps kort van 80% oor die afgelope twee jaar, maar wissel na gelang van boerderytipe. Die gemiddelde veebelading van 12.7 hektaar per groot skaap word ook deur boerderytipe bepaal. Dorpers is die hoof ras en die wolboere se vesel:vleis verhouding is die verwagte 40:60 verhouding. Daar was nie in een van die jare ‘n beduidende verskil in die winsgewindheid van die drie kommersiële skaapproduksiestelsels nie. Daar was egter wel ‘n verskil tussen die skaapboere se netto boerederyinkomste en die van die deeltydse/besproeiingsboere. In 2012 het die kommersiële boere gemiddeld R202 per skaap gemaak. Dit het in 2013 na R215 per skaap gestyg. Die deeltydse/besproeiingsboere het op dié basis in beide jare ‘n verlies gemaak, bloot omdat hulle ander bronne van inkomste nie in berekening gebring is nie.
Description

Reference:

Collections