Van Ingrid Jonker is slegs drie digbundels gepubliseer, waarvan een postuum verskyn het. Ten spyte van hierdie skrale oeuvre het haar poësie by verskillende kritici hooggestemde waardering uitgelok. In In Memoriam Ingrid Jonker bespreek Uys Krige etlike van Ingrid Jonker se gedigte op verskeie van sy uitsprake kom ek in my bespreking van Rook en oker terug en konstateer hy o.m. dat "in haar beste (werk) Ingrid Jonker haar eie individualiteit en persoonlikheid, haar eie stem (het)" (p. 53). Hy vind "die beste van Ingrid Jonker se gedigte eersterangs", en meen dat "in Rook en oker … minstens twaalf eersterangse gedigte (is) wat 3) myns insiens sal bly staan in ons letterkunde". Krige spreek ook sy verbasing uit dat Dirk Opperman "My pop val stukkend" nie in Groot verseboek opgeneem het nie - hy sê dis "sonder twyfel … vir my een van die merkwaardigste moderne gedigte wat ek ken"
Reference:
Driesse, O. 1971. Die poësie van Ingrid Jonker. University of Cape Town.
Driesse, O. E. (1971). Die poësie van Ingrid Jonker. (Thesis). University of Cape Town ,Faculty of Humanities ,Afrikaans and Netherlandic Studies. Retrieved from http://hdl.handle.net/11427/19070
Driesse, Oliver Edgar. "Die poësie van Ingrid Jonker." Thesis., University of Cape Town ,Faculty of Humanities ,Afrikaans and Netherlandic Studies, 1971. http://hdl.handle.net/11427/19070
Driesse OE. Die poësie van Ingrid Jonker. [Thesis]. University of Cape Town ,Faculty of Humanities ,Afrikaans and Netherlandic Studies, 1971 [cited yyyy month dd]. Available from: http://hdl.handle.net/11427/19070