Die psigo-maatskaplike aspekte van homoseksualiteit:'n veld-en dokumentêre studie met spesiale verwysing na psigiatriese maatskaplike werk in Suid-Afrika

Doctoral Thesis

1972

Permanent link to this Item
Authors
Supervisors
Journal Title
Link to Journal
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Publisher

University of Cape Town

License
Series
Abstract
Die benadering wat in hierdie studie toegepas is, is dié van die psigiatriese maatskaplike werker. Dit beteken dat die fokus hoofsaaklik op die psigo-maatskaplike aspekte van homoseksualiteit, sowel as die maatskaplike funksionering van die homoseksuele persone, gerig is. Die basiese kennis van die psigiatriese maatskaplike werker is geleë in persoonlikheidsontwikkeling wat ten nouste met die psigo-seksuele ontwikkelingstadia saamval. Gesinsdinamika sowel as persoonlikheidsdinamika is dus faktore wat as essensiële studiemateriaal deur die psigiatriese maatskaplike werker beskou word. Die studie moes egter uitgebrei word om ander aspekte ook te behels, veral weens die hoogs-gekompliseerde en menigvuldige aard van hornoseksualiteit as verskynsel. Sosiologiese faktore wat die sosiale milieu van die mens grotendeels bepaal, moes ingesluit word, asook die toepassing van sosiale sanksies wat ten nouste saamhang met verskynsels soos stigma, konflikte en baie ander veranderlikes. Regsaspekte kon allermins oor die hoof gesien word - hulle bepaal die raamwerk waarin homoseksueles lee£ en weerspieël in belangrike wyses die houdings van die gemeenskap. Terapie moes ook bespreek word, beide om die bydrae van maatskaplike werk te bestudeer en om die bydraes van ander beroepe in verband te sien.
Description

Vol. 2, Case studies, confidential.

Reference:

Collections